Van_Rooyen_text_002.gif (40066 bytes)

 

 

Die Van Rooyen tuisblad

bar_flare_md_wht.gif (3655 bytes)

Die stamvader van die Van Rooyens in Suid-Afrika

Cornelis VAN ROOYEN (VAN ROOIJEN), hy is afkomstig van Gorkum (vandag bekend as Gorinchem) in die provinsie van Suid Holland, aan die Merwederivier, Nederland gekom en het by die Kaap aangekom in 1713.  Hy is driekeer in die eg verbind.  Sy eerste huwelik trou op 17 Oktober 1720 met Jacomijntje Gerritsz VAN DEVENTER, sy was gedoop 9 Maart 1692, en sy was die tweede kind van Gerrit Jansz van Deventer en Arriaentje JACOBS en die huwelik is met elf kinders geseën.

b1  Adriana van Rooyen «28 Sep 1721 o4 Mei 1746 Michael Muller (stamvader)
b2   Sophia van Rooyen
«7 Feb 1723 o26 Apr 1739 Jacobus Botha
b3   Aletta van Rooyen
«27Aug 1724 oJan Potgieter en hertroud met Johann Christoph Heymans
b4   Reijnier van Rooyen
«2 Jun 1726 o4 Mrt 1753 Hester Gouws V17 Jul 1770 te Kafferkuilsrivier
b5   Johanna van Rooyen
«13 Jul 1727 oJan Jacob Kock
b6   Alberta van Rooyen
«7 Okt 1728 o22 Jun 1731 Nicolaas van Rensburg
b7   Anna Margaretha van Rooyen
«9 Maart 1729 o1 Maart 1750  Christoffel Snijman  
b8   Johanna Margaretha van Rooyen
«14 Mei 1730 - ongetroud oorlede
b9   Gerrit van Rooyen
«4 Feb 1732 o30 Okt 1756 Martha Jacoba Ferreira
b10 Johannes van Rooyen
«22 Nov 1733 - ongetroud oorlede
b11 Cornelis van Rooyen
«24 Maart 1737 oRachel Crafford

Na Jacomijntje Gerritsz VAN DEVENTER se dood trou Cornelis die tweede keer te Drakenstein op 13 April 1738 met Cornelia BOTHA en sy was die weduwee van Hans Jurgen Potgieter.   Sy derde huwelik op 12 Mei 1754 met Barbara MYBURGH, sy was die weduwee van Izaak van Es.   Geen kinders is uit die twee huwelike gebore nie. Cornelis vas lid van die eerste  Heemraad op Roodezand wat 1743 as geregshof vir die bewoners van daardie gebied benoem is.  Cornelis se plaas was “Nabygelegen Bovlei, 20 morg 320 vkrd².   Hy neem 1721-12-02 oordrag van Johann Lorenz en verkoop in 1741 aan Pierre du Plessis.

* Nog een Van Rooyen het na Suid-Afrika gekom.  Anthonie van Rooyen was afkomstig van Culemborg en was werksaam as 'n baas huis-timmerman by die Kaap.  Op 1711 is hy met Aletta van Nieuwkerken (Van Niekerk) getroud maar sy is oorlede en hy is hertoud op 17 Desember 1713 met Sophia Appel die weduwee van Barend van der Westhuizen.  Uit die tweede huwelik is tien kinders gebore, van wie drie seuns was, maar hulle is almal ongetroud oorlede.

bar_flare_md_wht.gif (3655 bytes)

Indien u oor enige inligting ivm enige Van Rooyen-familietak beskik of enige foute op die bladsye, kan u my gerus kontak!!!

Hein van Rooyen                                         
Posbus 1917
Lichtenburg
Suid-Afrika
2740
e-pos: heinvr@yahoo.com
bar_flare_md_wht.gif (3655 bytes) hard_hat_yellow_light_on_off_md_wht.gif (9635 bytes)

Hierdie bladsy is nog onder konstruksie 

barricade_construc.gif (1898 bytes)